Bosveld Babes Bash by Rust Oord, Brits - 26 tot 29 Nov 2026. Huur 'n karavaan op Kampi, Noord Karavane lewer af en stel alles op. Prys: vanaf R545 per dag.
Drie dae weg van die huis. Geen werk, geen skoonmaak, geen "Maaaaaa!" elke vyf minute nie. Net jy, jou vriendinne, die bosveld, lekker kos, wyn, en tyd om weer asem te haal.
Die Bosveld Babes Bash by Rust Oord Bosveld Kamp in Brits is presies daai naweek. 26 tot 29 November 2026. Slegs vir vroue 18+.
En as jy dink "klink amazing, maar ek het nie 'n karavaan nie" - dis waar Kampi en Noord Karavane inkom.
Ons het saamgespan met Noord Karavane om aflewering, opstelling en insameling te reel vir die Bosveld Babes Bash. Jy hoef letterlik net op te daag.
So dit werk:
Noord Karavane is in die Noordwes en doen gereeld aflewerings in die Brits-omgewing. Hulle ken die area, hulle ken karavane, en hulle maak seker alles is reg voordat jy aankom. Afleweringskoste word direk met Noord Karavane gereel, apart van jou Kampi-huur.
R1 650 per persoon sluit in:
Daar is net 18 staanplekke (minimum 4 vroue per plek), so hierdie een gaan vinnig vol wees.
Besprekings by die resort self: WhatsApp 082 494 5570 (Saskia) of [email protected].
Ons het deur Kampi se 366+ karavane gekyk en 'n paar uitgesoek wat sin maak vir hierdie naweek. Almal is naby Brits (meeste in Gauteng), het goeie track records, en het almal al hul myle op Kampi bewys.
Sprite Splash - Airconned/Heated Family Camper - Centurion
Vanaf R950/dag. 58 trips klaar. 5.0 uit 15 resensies. Het aircon en verwarming. Einde November in die bosveld gaan jy daai aircon waardeer.
Bushlapa Miskruier - 4 Sleeper Off Grid - Ekurhuleni
Vanaf R980/dag. 43 trips klaar. 5.0 sterregradering. Volledige sonkrag-opset, heeltemal off-grid. Vir die groep wat regtig wil ontkoppel.
Bushlapa Boskriek - Pretoria
Vanaf R1 050/dag. 32 trips klaar. 4.8 sterregradering. Volledig toegerus vir die bos. Eienaar Fritz het hierdie een gebou vir mense wat wil aankom en net begin braai.
Jaguar Kovu - 4 Sleeper Off Road - East Rand
Vanaf R1 000/dag. 26 trips klaar. 5.0 sterregradering. Off-road karavaan wat sag slaap.
Raasblaar Off-Road Camper - Tot 6 slaapplek - Olifantsfontein
Vanaf R1 200/dag. 5.0 sterregradering. Slaap tot 6 mense, so as julle 'n groter span het wat wil saamdeel, hierdie is julle een.
Offtrax Trailer - Rietvalleirand
Vanaf R650/dag. 27 trips klaar. 5.0 uit 19 resensies. Gesondheidscore van 92.5, een van die hoogste op Kampi. Eenvoudig, betroubaar, doen wat dit moet.
Beesie - Pretoria
Vanaf R550/dag. 90 trips klaar, een van Kampi se mees gehuurde karavane. 4.8 sterregradering. Bewys homself keer op keer.
Jurgens Penta - 4 Sleeper - East Rand
Vanaf R545/dag. 24 trips klaar. 5.0 uit 8 resensies. Slaap 4, kos minder as R550 per dag. Moeilik om te klop vir waarde.
"Periwinkle Blue" - Pretoria
Vanaf R1 000/dag. 41 trips klaar. 5.0 sterregradering. Hierdie een is 'n bietjie spesiaal. As jy daai foto by die karavaan wil he, dis die een.
Echo 3 Camper - 4 Sleeper - Centurion
Vanaf R680/dag. 4.9 uit 15 resensies. Volledig toegerus, 4 slaapplek, R680 per dag. Val iewers tussen budget en bederf.
Kampi is 'n peer-to-peer karavaan-verhuurplatform. Dis nie 'n maatskappy se vloot nie. Dis mense soos jy en ek wat hul karavane verhuur wanneer hulle dit nie gebruik nie.
Nie seker of jy 'n EB-lisensie nodig het nie? Kyk hier. Baie van die karavane hierbo het net 'n gewone B-lisensie nodig. Jy kan ook spesifiek soek vir Code B-karavane.
Stuur dit vir jou WhatsApp-groep, kies 'n karavaan saam, en maak dit gebeur. Dis die soort naweek waaroor jy volgende jaar nog gaan praat.
Vrae oor karavane of die huurproses? [email protected] of WhatsApp ons op die webwerf.
Kampi is 'n vennoot van Rust Oord Bosveld Kamp en Noord Karavane vir hierdie geleentheid.
More than 5,600 completed trips, 373 active campers and caravans, and a verified review average of 4.89 out of 5 across 782 ratings. Browse campers on Kampi.
26 tot 29 November 2026.
Rust Oord Bosveld Kamp, Brits, Noord-Wes.
R1,650 per persoon vir die volle naweek. Karavaanhuur vanaf R545 per dag afsonderlik bybeslaag.
Bespreek op Kampi. Noord Karavane lewer af en stel op by die kampplek sodat jy net moet kom kuier.
Ja, die geleentheid is slegs vir vroue 18 jaar en ouer.